
LEPHALALE — KANSA Lephalale het Vrydagaand 28 Julie hulle Neon Night Walk by Mogolklub gehou en 24 mense het daaraan deelgeneem.
KANSA Lephalale se werkers was ook Saterdag 29 Julie by die Markdag by Mogolklub waar hulle fondse ingesamel het.
Volgens Nancy van Staden, gemeenskapsmobiliseerder by KANSA Lephalale, het hulle altesaam R1 871 by dié twee geleenthede ingesamel.
“Baie dankie vir hierdie wonderlike gemeenskap wat ons so ondersteun” sê sy.