KANSA maak sonbewus

LEPHALALE — Lede van KANSA Lephalale het die leerders van Laerskool Bosveld Primary bewus gemaak van sonveiligheid gedurende hul sportdae op 13 en 20 Januarie. KANSA se Toktokkie het ook op 26 Januarie by die Olyfboompie kleuterskool gekuier en gesels oor ‘n gesonde leefwyse.
Nancy van Staden, KANSA Lephalale se gemeenskapsmobiliseerder, bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning en sy rig ‘n spesiale dankie aan ieder en elk wat ‘n geldelike bydrae gelewer het.
‘n Totaal van R2 257.50 is by die Bossies ingesamel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.