KANSA maak wys

Wilna van den Heever (KANSA Waterberg), Smokey, Toktokkie en Ansie van Heerden (KANSA Waterberg)
Wilna van den Heever (KANSA Waterberg), Smokey, Toktokkie en Ansie van Heerden (KANSA Waterberg)

VAALWATER — Wilna van den Heever en Ansie van Heerden van KANSA Waterberg het Laerskool Vaalwater Woensdag 22 Junie besoek om kinders meer bewus te maak van dinge in die alledaagse lewe wat kanker kan bevorder.
Wilna sê hulle het aan die leerders vertel hoe belangrik dit is om gesonde koskeuses te maak. “Ons het ook die gevare van rook en verslawing aangespreek en ‘n fiktiewe karakter, Smokey, het sy bes probeer om die kinders te beïndruk deur te rook” sê Wilna.
Toktokkie, KANSA se bekende helper, het aan Smokey verduidelik dat hy nie welkom by die skool is as hy rook nie.
Die belangrikheid van oefening is uitgebeeld deur drie dansers van Laerskool Vaalwater wat ritmies saam met Toktokkie geoefen het.
ʼn Muntlegging ten bate van KANSA is op die netbalbaan gedoen. ‘n Bedrag van R846 is ingesamel en aan KANSA oorbetaal.
Wilna en haar span het die personeel en leerders van Laerskool Vaalwater van harte bedank vir die vriendelike ontvangs by die skool.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.