KANSA raak aktief

LEPHALALE — KANSA Lephalale was die naweek van 24 en 25 Junie by ‘n “active event” by ‘n lodge in die omgewing.
Nancy van Staden, KANSA Lephalale se gemeenskapsmobiliseerder, sê hulle het produkte verkoop, fietse gewas en die mense meer geleer oor sonbewustheid.
Daar is altesaam 120 fietse deur die loop van die naweek gewas en ‘n totaal van R4 775 is ingesamel.
Nancy bedank almal wat daartoe bygedra het dat die geleentheid ‘n sukses was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.