KANSA Relay for Life

Die Relay for Life se eerste rondte is geloop deur die “survivors”
Die Relay for Life se eerste rondte is geloop deur die “survivors”

Ria Wells
LEPHALALE — Die jaarlikse KANSA Relay for Life (RfL) het amptelik Saterdagaand 10 September om 18:00 begin by Mogolklub se sportvelde en Sondagoggend om 06:00 met ‘n kerkdiens geëindig.
Die RfL het afgeskop met skriflesing en gebed waarna “survivors” ‘n rondte om die baan gestap het, gevolg deur die “caregivers-rondte”. Dit was ‘n aand van hartseer oor geliefdes wat verloor is of baie siek is, maar ook glimlagte van blydskap oor genesing.
Die luminaria-geleentheid was soos altyd baie roerend toe sakkies met kerse aan die brand gesteek is ter herinnering aan geliefdes. Die fakkel van HOOP was ook daar.
Riana Bronkhorst, KANSA Limpopo afdelingsbestuurder: Volhoubaarheid, het haar opregte dank en waardering uitgespreek teenoor haar helpers asook elkeen wat die aand met hulle meegemaak het.
Die stigter van RfL, dr. Gordy Klatt van Amerika, het in 1985 besluit om in sy tuisdorp te help om fondse in te samel om ‘n einde te bring aan die pyn, swaarkry en verlies a.g.v. kanker. Hy het self 24 uur aaneen om ‘n baan gehardloop om die pyn van ‘n kankerpasiënt te probeer ervaar asook vir kennisse gevra om hom te ondersteun. Hy het 27 000 USD ingesamel en ‘n span-aflos het gevolg. Vandag word KANSA RfL wêreldwyd gehou om broodnodige fondse vir KANSA in te samel – die grootste fondsinsamelingsaktiwiteit
ter wêreld vir KANSA.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.