Kansa saamweesoggend

LEPHALALE — KANSA Lephalale het Saterdagoggend 8 Desember ʼn Ma-en-dogter-bederf by die Hervormde Kerk Ebenhaesergemeente se saal aangebied.

Vroue wat bekommerd is oor klimaatsverandering

Elana Greyling, KANSA-vrywilliger, het almal by dié besondere saamweesoggend verwelkom en gepas met ʼn gebed geopen.

Riana Bronkhorst, divisie-koördineerder in Limpopo wat ook as vrywilliger in Lephalale optree, het die vraag beantwoord waaroor almal wonder – wat gebeur met die fondse wat ingesamel word?

Sy het verduidelik dat die geld landswyd aangewend word om verskeie dienste aan te bied, waarvan die gemeenskap van Lephalale ook deel het. Sy het ook die volgende syfers vir 2018 van die Noordelike Besigheidseenheid voorgehou:

  • 259 995 mense is bereik deur middel van 862 bewusmakingspraatjies;
  • 76 626 skoolleerders is oor kanker ingelig by 157 skole vir die volgende belangrike voorsorg: Eet gesond, gebruik ʼn hoed en sondbrandmiddel, oefen gereeld en rook is verbode;
  • 40 524 kankerbewusmakingspamflette en plakkate is versprei;
  • 2 260 papsmere (selfs in afgeleë gebiede) vir servikale kanker is gedoen;
  • 2 947 kliniese borsondersoeke is gedoen;
  • 1 343 prostaattoetse is gedoen om vroeë abnormaliteite op te spoor;
  • 113 velondersoeke en 578 FotoFinder-toetse is uitgevoer;
  • 142 bloedglukosetoetse vir diabetes is gedoen;
  • 570 toetse vir cholesterol is gedoen;
  • 33 360 kankeroorlewendes en hul geliefdes ontvang pasiëntesorg;
  • 13 192 kankeroorlewendes ontvang tuisversorging;
  • 1 067 kankerpasiënte is geakkommodeer in verskeie onkologiesentrums;
  • 1 465 kanker-pasiënte het toegang gehad tot mediese toerusting en assisterende toestelle; en
  • 1 886 kankerpasiënte is ondersteun by onkologieklinieke tydens behandelings.

Elana het klem gelê op klimaats-veranderinge. Dit word nie net warmer nie, maar meer ekstreme weerstoestande kom ook toenemend voor. Sy het ʼn beroep gedoen op die vroue om saam te staan teen die elemente wat klimaats-veranderinge teweeg bring. Sy het die dogters ook in ʼn raakpraatpraatjie aangemoedig om hul ma’s te bedank vir dit wat hulle in hulle lewens beteken het en steeds beteken.

Daarna is lekker gekuier en gesmul by pragtig gedekte tafels.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.