Karlien by “Olifant”

Karlien vermaak gaste by Elephants Bull Sportsbar
Karlien vermaak gaste by Elephants Bull Sportsbar

Ria Wells
LEPHALALE — Beminde sangeres, Karlien van Jaarsveld, het Saterdagaand 17 September ‘n buitelugoptrede by Elephants Bull Sportsbar gehou. Volgens Gerhardt Theron, bestuurder, was dit ‘n reuse sukses wat bevestig word deur die groot hoeveelheid mense wat die vertoning bygewoon het.
Riana Bronkhorst en Nancy van Staden van KANSA Lephalale, was soos altyd op hul pos om broodnodige fondse in te samel vir KANSA.
Elephants Bull Sportsbar is bekend daarvoor dat hulle bykans elke naweek iets interessants vir die gemeenskap aanbied. Die komende Saterdagaand gaan hulle Erfenisdag vier wat 13:00 met ‘n braai afskop. Gaste is welkom om hul eie vleis saam te neem. Vuur, bykosse en ‘n lekker atmosfeer word gewaarborg! Kontak Gerhardt by 061 787 9661 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.