Karnaval vol kleur!

Ds Bernard Prinsloo saam met karnavalgangers by die wegspring van die Color Fest … Daar is nog baie foto’s op Mogol Pos se Facebook-blad. Deel gerus met jou vriende en familie
Ds Bernard Prinsloo saam met karnavalgangers by die wegspring van die Color Fest … Daar is nog baie foto’s op Mogol Pos se Facebook-blad. Deel gerus met jou vriende en familie

Ria Wells
LEPHALALE — Dit is bykans onmoontlik om die afgelope Krokkie Karnaval en Color Fest van die Hervormde Kerk Onverwacht te beskryf. Die Color Fest wat vanjaar vir die eerste keer saam met die karnaval aangebied is, het beslis die besoekers in groot getalle soontoe laat stroom.
Net voor 9:00 het die stappers en drawwers, gewapen met vier verskillende kleure poeier, die roete aangedurf en mekaar by sekere punte met die kleurpoeier bygekom. Mens kon verstaan dat daar meer gepoeierde – as skoon gesigte by die karnaval was. Duidelik was dié pret bedoel vir oud en jonk, want reeds nadat die roete voltooi is, is karnavalgangers nog steeds met poeier gepeper!
Teen twaalfuur moes ds Bernard Prinsloo, self ge”poeier” en amper onherkenbaar, in sy bakkie spring en ekstra koeldrank en groente vir die kerrievleis gaan koop. Die aanvraag na pannekoek, vetkoek en alles wat lekker was, was baie groot en die mense wat tafels beman het, moes behoorlik bontstaan om almal te help.
Die kerk bedank elke lidmaat en elke lid van die gemeenskap wat die karnaval bygewoon het. “Sonder julle sou dit nie so ‘n reuse sukses gewees het nie”.
Volgende jaar maak hulle weer so …

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.