Kermis vir 30 jaar

DSCF3483

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die leerders van Laerskool Bosveld Primary vier op 15 April vanjaar hulle 30ste bestaansjaar en om dié groot mylpaal in te wy is daar Vrydag 11 Maart groot makietie gehou. 30 balonne is vroegoggend die lug ingestuur ter viering van 30 besondere jare.
Skoolhoof Louwtjie Pretorius het die geleentheid geopen en aan die opgewonde leerders verduidelik dat die Bossies se skool op 15 April 1986 geopen het as Laerskool Onverwacht.
“Seuns en dogters, personeel en ouers dit is dan vir my ʼn voorreg om een en elk van julle te verwelkom by hierdie spesiale geleentheid – ons 30ste verjaarsdagpartytjie. Voor ons was hier honderde seuns, dogters, ouers en personeel wat baie hard gewerk het om te verseker dat ons vandag hier kan staan by so ʼn pragtige skool en fees kan vier” het hy gesê.
Hy het verder verduidelik dat elke betrokke leerder, ouer en onderwyser ‘n verantwoordelikheid het om te help bou en skryf aan die geskiedenis van die skool sodat mense na die volgende 30 jaar met trots sal kan terugkyk na Laerskool Bosveld Primary en dat dit steeds een van die beste skole in Limpopo sal wees.
“Seuns en dogters, personeel en ouers kom ons wees trots op ons werk – trots op ons skool – wees jouself en wees dit goed” het hy afgesluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.