Klein Bossies-dag

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se jaarlikse Bulletjierugby- en Mini-netbaldag is Saterdag 4 Mei by die skool gehou.

Die kinders en onderwysers sê die dag was veral spesiaal omdat skoolhoof Louwtjie Pretorius verjaar het en die kinders se passievolle deelname was vir hom ʼn groot geskenk.
 Die Bossiespelers het teen agt skole meegeding en volgens die dapper afrigters is die doel van so ʼn dag om ʼn passie vir rugby en netbal reeds van ʼn vroeë ouderdom af te vestig.
 Te oordeel na die moeë, maar dankbare glimlagte aan die einde van ʼn suksesvolle dag was dit duidelik dat hierdie die begin was van meer sulke dae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.