Kleuterkaperjolle

LEPHALALE — Die kleuters van Laerskool Ellisras Kleuterskool het Saterdag 9 September die lente ingelui met hope pret, plesier en ʼn goeie skoot kompetisie daarby.
Hulle kon aan verskeie items deelneem waaronder sakresies, eierresies en rondomtaliedraai en dan moes hulle boonop weglê wenpaal toe.
Die ouers kon later deel in die kaperjolle en dit was moeilik om te onderskei wie dit die meeste geniet.
Anton du Plessis, skoolhoof van Laerskool Ellisras en Lorraine van der Watt, skoolhoof van die kleuterskool het die ouers bedank vir hul betrokkenheid by hulle kleuters se aktiwiteite.
Anton het ook as aankondiger opgetree. Lorraine het die laerskool bedank vir die gebruik van hul fasiliteite.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.