Kleuters hou driekamp

Ria Wells
LEPHALALE — Laerskool Ellisras Kleuterskool het Saterdag 29 Januarie ‘n driekamp-atletiekbyeenkoms gehou. Die Rassies se gelukbringer “die bytjie” het ook ‘n draai gemaak en ‘n dans deur mnr Renoster en mev Seekoei op die maat van musiek deur Hennie Pepler het vir groot pret gesorg.
Tydens dié pretbelaaide dag moes kleuters ‘n ent hardloop, dan op skopfietsies ry, oor ‘n opblaasglybaan gly en dan binne-in ‘n heerlike skuimbad spring.
Selfs die ouers is uitgedaag en het fluks meegedoen aan die aktiwiteite.
Lorraine van der Watt, hoof van die kleuterskool, het haar knap span maar ook die besige bytjie-mammas vir hul harde werk bedank. Sy het ook elke ouer verwelkom by die heerlike byeenkoms.
Gaan “like” gerus Mogol Pos se Facebookblad en deel die foto’s met u vriende.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.