Kleuterskool help DBV

Ria Wells
LEPHALALE — Dit is vir Laerskool Ellisras se kleuterskool belangrik om die kleuters bloot te stel aan belangrike organisasies en aspekte van die samelewing. Die skool, onder leiding van Lorraine van der Watt en haar knap span, het Dinsdag, 14 Maart, verteenwoordigers van die Dierebeskermingsvereniging in hul saal ontvang en broodnodige items van kos tot komberse aan hulle oorhandig.
Liana van der Linden (leerling-inspekteur) en Archie Kleynsmith (bestuurder) het die kinders toegespreek en die belangrikheid van dierebeskerming en –versorging met hulle gedeel. Hulle het die kleuterskool, kinders en hul ouers wat skenkings gemaak het hartlik bedank en vir die kinders verduidelik waarvoor die DBV staan en dat hulle slegs van die gemeenskap afhanklik is vir die versorging van die diere wat in hulle toesig is. Natuurlik is daar grootoog geluister en saamgestem met alles wat Liana vir hulle vertel het.
Skakel die DBV by 079 398 6784 indien jy ook, soos die kleuterskool, ‘n bydrae wil lewer tot hierdie noodsaaklike organisasie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.