Koekeloerder — 21 April 2017

Beste Redakteur en Kollega
Ek sit op my stoel en wonder wie het besluit dat ‘n landswye skoolvakansie op dieselfde dag as Paasnaweek moet eindig? Wie doen die beplanning van skoolvakansies?
Maar nadat ek by list25.com die ergste verleenthede gelees het, is bogenoemde ‘n nietigheid.
In 1788 het die Australiese weermag blykbaar per abuis ‘n aanval op hulself geloods en 10 000 manskappe verloor.
Daar is blykbaar 177 jaar lank gebou aan die Toring van Pisa maar dit het net tien jaar geneem voor dit skuins begin hel het.
Daar was te min lewensbootjies op die Titanic omdat dit as onsinkbaar beskou is.
En as daar saam oor ‘n datum besluit moet word waarop skole open kan dit nie erger wees as die tuig wat om mars moes wentel nie. NASA het die tuig verloor omdat die een deel van die span metrieke mate en die ander deel Engelse eenhede gebruik het.
Mevrou, ek sien daar lê vir ons nog twee weke voor waaruit vakansiedae ‘n hap gaan vat. Dis te sê as almal die gregoriaanse tydrekening gebruik.
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.