LEPHALALE — Die NG Kerk Ellisras-Wes het Vrydagaand, 24 Desember, kersliedere by kerslig op die kerkterrein onder die sterre aangebied. Talle kersliggies het gesorg vir ʼn feestelike atmosfeer terwyl die samesang onder begeleiding van viool en kitaar met hoofsanger Jaco van Wyk en gemeentelede hoendervleis mooi was.
Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebook-bladsy vir talle foto’s.