
LEPHALALE — Marius Oosthuizen, ʼn leerder aan die Hoërskool Ellisras, is gekies vir die Limpopo Aquatics-swemspan.
Marius het Saterdag 24 Augustus aan die Interprovinsiale gala by Curro in Nelspruit deelgeneem en onder andere sy persoonlike beste tyd in die 100 m-vlinderslag geswem.