Kop-aan-kop

LEPHALALE — Die 27-jarige Nkateko Ncube is dood nadat sy Vrydag 15 Januarie omstreeks 07:00 in ’n kop-aan-kop-botsing in Nelson Mandelalaan betrokke was. Dicky Slykhuis (51) is beseer in dieselfde voorval.

Die presiese oorsaak van die botsing was teen druktyd onbekend en die polisiewoordvoerder het na herhaalde pogings van Mogol Pos om hom in die hande te kry nie sy telefoon beantwoord nie.

Teen druktyd het Slykhuis steeds tuis aangesterk.

ʼn Saak van strafbare manslag is geopen by Lephalale Polisie.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.