Koperstroper betrap

188 kg koper ter waarde van R10 833 is teruggevind
188 kg koper ter waarde van R10 833 is teruggevind

DSCF4022---Copy

Leoni Kruger
LEPHALALE — ‘n Verdagte is Maandag 20 Junie vanaf Thabazimbi polisie na Lephalale polisie oorgeplaas nadat hy met ‘n koperdiefstalsaak verbind is. Hy is in besit van koper gekry.
Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, is koper in April vanjaar in Lephalale gesteel (MAS 128/04/2016). Na die diefstal is die verdagtes se voertuig by ‘n padblokkade in Thabazimbi voorgekeer. Die koper is in Wicky Mubemi (27) se besit gevind en Thabazimbi polisie het ‘n saak vir die besit van moontlike gesteelde eiendom geopen (Thaba MAS 58/04/2016).
Na die arrestasie het het dit duidelik geword dat die koper in Lephalale gesteel is en toe word die twee sake met mekaar verbind.
Mbemi en 188 kg koper is Maandag aan Lephalale polisie oorhandig sodat die saak opgevolg kan word. Daar word nog na die ander verdagtes gesoek.
Mubemi het Maandag in Lephalale Landdroshof verskyn op aanklag van koperdiefstal. Hy het nie borg gekry nie en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.