Koue lemonade

Hennie Pepler, bekende musiekmaker in Lephalale, het PLAN B in samewerking met Mogolklub geopen

LEPHALALE — Mogolklub begin 2018 op ʼn opwindende noot met heelwat nuwe dinge wat daar gebeur. Neels Gerber, algemene bestuurder van die klub, sê dat ʼn nuwe jaar altyd ʼn geleentheid vir nuwe inisiatiewe is.  
Hy is veral opgewonde oor Mogolklub se “ou” gimnasium wat deur Willie de Swardt oorgeneem is en in ʼn splinternuwe, groter en beter, Shape Up-gimnasium omskep is. Neels sê dit is die perfekte plek om ʼn gesonde leefstyl te begin en om vroeg in die nuwe jaar van die vakansiesondetjies ontslae te raak. Skakel Willie by 014 763 2532 vir meer inligting.
Nog goeie nuus is dat Marietjie Kritzinger haar gewig by die halfweghuis van die gholfklub ingegooi het. Gholfspelers kan gerus haar nuwe kosidees en fynproewergeregte en alles wat daarmee saamgaan op die proef stel.
Konferensiekamers kan nou met die opsie vir spyseniering gehuur word wat die omslagtigheid om spyseniers van buite te kry uitsluit. Mogolklub lewer dus nou ʼn eenstopdiens vir konferensies.
Nog opwindende nuus is dat die klub in samewerking met die welbekende Hennie Pepler ʼn heerlike kuier en ontspanningsplek, PLAN B, net langs die sportkroeg geopen het. Langarmdanse, karaoke, vasvra-aande en potspelkompetisies is deel van die verskeidenheid wat aangebied word. Ligte etes word ook bedien. Neels sê PLAN B is die ideale uitspanplek vir moeë mense na ʼn dag se harde werk. En soos Hennie graag sê: “Die lemonade is altyd yskoud”. Skakel Hennie by 073 891 6657 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.