Kreatiewe geeste by Ellisras VLU

Angelique demonstreer
Angelique demonstreer

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die vroue van Ellisras VLU het verlede Donderdag ‘n leersame byeenkoms gehou wat hulle omtrent laat konsentreer het! Mariska Ehlers het ‘n tegniek demonstreer om ‘n gewone glasbottel in ‘n pragtige tuinliggie te omskep. Dit is gedoen deur die bottel met servette en koue lym te bedek en ‘n liggie binne-in die bottel te plaas.
Nadat almal hulle bottels voltooi het, het Angelique Pretorius gewys hoe om kunsblomme uit sponspapier te maak. Sy het die een wonderskepping na die ander gemaak en almal geïnspireer om dit tuis te gaan probeer. Angelique het onlangs vanaf Nelspruit na Lephalale verhuis en intussen het sy ook ‘n blommeklub op die been gebring.
Na afloop van al die konsentrasie en konsternasie het Mariska en Marina Bantjes hulle heerlike kos voorgesit.
Charlene van Eeden, wat ook die byeenkoms geopen het, het na die tyd aangekondig dat die volgende byeenkoms by Connie’s Plants gehou gaan word in die vorm van ‘n piekniek. Iets om na uit te sien!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.