Krokkie bars uit nate

LEPHALALE — Die betekenis van “kerkbasaar” het die naweek van 2 September opnuut na vore gekom in die vorm van die immergewilde Krokkiefees wat jaarliks deur die Nederduitsch Hervormde kerk Onverwacht aangebied word. Vanjaar se fees het ook ʼn Colour Fest ingesluit en dit was ʼn groot treffer onder oud en jonk.
Die Krokkiefees het uit sy nate gebars en mense van alle kerke en kulture het die fees bygewoon. Daar was behoorlik iets na elkeen se smaak en besoekers het gekuier, gekoop, gesmul en gekyk.
Die Hervomde Kerk Onverwacht bedank elkeen wat die moeite gedoen het om die fees by te woon. “Ons maak volgende jaar weer so!”
(Is jy deur Mogol Pos gekiek? Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebook-bladsy en deel dit met jou vriende – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.