Krokkie kleurfees

Ria Wells
LEPHALALE — Die Nederduitsch Hervormde Kerk Onverwacht hou op 3 September vanjaar hul 20ste Krokkiekarnaval en die kerk het besluit om ‘n prettige “Color Fest” saam met die karnaval aan te bied.
Nie-giftige sakkies kleurstof van verskillende kleure kan vooraf teen R50 vir vier sakkies gekoop word. In regte karnavalgees kan deelnemers mekaar by vier verskillende punte vol kleurstof gooi tydens ‘n 2.5 km en 5 km-roete op die Mogolklub se gholfbaan. Die vier kleurpunte gaan deur plaaslike besighede beman word. Kleurpoeiers kan teen 08:30 afgehaal word en die amptelike wegspring is om 09:00.
Let asseblief daarop dat hierdie nie ‘n kompetisie is nie, maar die mees kleurvolle persoon sal wel ‘n prys wen. Daar sal ook drie gelukkige trekkings wees. Deelnemers word gevra om almal wit hemde aan te trek en ‘n sonbril word aanbeveel.
Kaartjies kan vooraf gekoop word by die kerkkantoor in Troupantstraat, Ellisras Auto Paneelkloppers in die ligte nywerheidsgebied, Bosveld Glas en Blindings in Kotiestraat, One Stop Fruit in Onverwacht, Hoërskool Ellisras, Laerskool Bosveld Primary en Hardekool Akademie.
Gaan koop nou jou kleurpoeier vir die “Color Fest” en wees deel van Krokkie se verjaardagvieringe.
Skakel die kerkkantoor by 071 657 5599 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.