Krokkiekarnaval om die draai

LEPHALALE — Die Hervormde Kerk Onverwacht se jaarlikse Krokkiekarnaval word Saterdag 7 September vanaf 08:00 by Mogolklub se sportgronde gehou.

Die 3 km pretloop begin 10:00 en dit strek oor sewe massiewe opblaashindernisse. Gaan lag, spring, val, draf of loop en neem deel aan hierdie prettige geleentheid.

Vars vleis, biltong en droëwors teen bekostigbare pryse, plante vir die nuwe seisoen, pannekoek, jafels, kerrie-en rys, burgers, worsbroodjies, worsie op ’n stokkie, die immergewilde pap en kaiings (soos net die Hervormers dit kan maak), teetuin, lekkergoedparadys, speelpark vir die jongspan, spookhuis, skyfskiet, nachos, taco’s en revue-optredes is maar net ʼn paar van die dinge wat jy by die karnaval kan verwag.

’n Gesinsvriendelike dag met hope pret en vermaak waar familie en vriende tyd saam kan spandeer en terselfdertyd ʼn baie verdienstelike saak ondersteun.

Toegang tot die dag is gratis, maar dit kos R100 per persoon om aan die GAJIGA-run deel te neem. Voorskoolse kinders kan gratis deelneem.

Besoekers staan ’n kans om R1 000 in ’n gelukkige trekking te wen. Daar is boonop R500 pryse vir die kleurvolste besgeklede man, vrou, seun en meisie elk.

Dagboek nou die datum – 7 September vanaf 08:00 by die Mogolklub se sportgronde.

Kaartjies is beskikbaar by die Hervormde Kerk Onverwacht, besighede in die dorp en Hoër- en Laerskool Ellisras.

Kaartjies kan ook aanlyn gekoop word by https://qkt.io/gajiga

Skakel Jeanette van Deventer by 082 723 1523 om kaartjies te bespreek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.