Krokkiekarnaval stel nie teleur

LEPHALALE — Krokodiltrane is beslis nie ter sprake wanneer dit by die Krokkiekarnaval kom nie!
 Die jaarlikse Krokkiekarnaval van die Hervormde Kerk Onverwacht is Saterdag 7 September by Mogolklub gehou.
 Die was ‘n dag vol peusel, pret en plesier. Soos elke vorige jaar was kos hoog op die prioriteitslys, en dit het nie teleurgestel nie.
 Niemand kon nee sê vir die varsgebakte pannekoek, vetkoek, kerrie en rys, pap en kaiings en vele meer nie.
 Dit was ‘n dag vir almal – oud en jonk was vermaak deur allerlei aktiwiteite insluitend die Gajiga Run, wat bygedra het tot die karnaval se sukses.
 Merk gerus die Krokkiekarnaval op jou kalender vir 2020.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.