Kultuur hul hartklop

LEPHALALE — Rassieland se middel- en senior revuegroepe het die afgelope naweek kleur aan die NG Kerk Albertyn se jaarlikse basaar verleen met hul puik optredes.
Volgens Anita Erasmus van Laerskool Ellisras is kultuur hul hartklop. Sy sê die skool is super trots op elke deelnemer wat buiten hul ander vele aktiwiteite wat ver reis insluit, Saterdag op hul pos was. “Julle lyk pragtig en die skool is baie opgewonde oor komende optredes gedurende 2017”. Sy sê ook dat die gemeenskap gerus die Rassie-revuegroepe kan dophou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.