Kultuur hul passie

LEPHALALE — Groei sterk. Dít is die leuse van Hardekool Akademie vir CVO en hulle het Woensdagaand 16 Augustus gewys dat hul ook op kultuurgebied sterk groei en hulle heel eerste Kultuurgala-aand aangebied.
Wilma Muller, skoolhoof, het al die gaste en die deelnemers verwelkom. Sy het gesê dat dit vir Hardekool Akademie belangrik is om kinders met selfvertroue te kweek sodat hulle hulself op alle gebiede kan handhaaf. Die passie en geesdrif waarmee die kinders deelgeneem het was bewonderenswaardig.
Met die begin van die verrigtinge is piekniekmandjies uitgepak vir ‘n heerlike aand onder die sterre, terwyl kinderstemme van kleuters tot graad sewe hul talent ten toon gestel het. Voordrag, koorsang, praatkore en toneeltjies was met groot geesdrif aangebied onder luide applous van die gaste.
Die aand is afgesluit met ‘n massakoor wat die bekende Hardekole van Ricus Nel gesing het.
(Daar is talle foto’s op Mogol Pos se Facebook-bladsy van al die optredes en nog meer. Gaan kyk gerus – Red)

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.