Kuns en kultuur

Van die talentvolle skilders wat uitgstal het

Ria Wells
LEPHALALE — Die Nederduits Hervormde Kerk Ebenhaeser het Vrydagaand die rooi tapyt uitgerol vir ‘n aand van kaas, wyn, kuns en musiek. Verskeie plaaslike kunstenaars het hul skilderye uitgestal en gaste het in verwondering toegekyk oor die hope talent in die dorp.
Die bekende mannekoor, Die Grenadiers, onder musiekbegeleiding van Riekie Stopforth, het die aand verder met ‘n bouquet van sang ingekleur. Nelia Jordan se dwarsfluit het bekoor en Annelize Uys het solo-sangitems gelewer, maar ook saam met die mannekoor opgetree.
Ds Bernard Prinsloo het tereg in sy openingsrede gesê dat musiek en kuns die siel aanraak en die aangrypende storie van die bekende komponis, Handel, se musiekloopbaan vertel.
Skilderye van die volgende plaaslike kunstenaars was te sien: Erika van Zyl, Dalene Lamprecht, Carol Odendaal, Ansu Leahy, Amor Kleynhans, Sonja Louw, Christine Kruger, Anette du Toit, Corinne Jahn, Carol Elphick en Marinda Pretorius.
Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebookbladsy vir nog foto’s van die uitstaande gehalte van kuns in Lephalale.
Kultuur a la bon heure! Uitstekend en knap gedaan!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.