Kunsleerders woeker

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Matriek-eindeksamen het Donderdag 13 Oktober afgeskop met die visuele kuns prakiese vraestel.
Die leerders het die vraestel reeds in Julie vanjaar ontvang en hulle het twee maande tyd gehad om voor te berei. Hulle het Donderdag om 07:00 begin en die 24 uur oor drie dae verdeel om hul finale produk te voltooi.
Die kunswerke is Dinsdag 18 Oktober uitgestal en deur die departement beoordeel by Genl Piet Joubert Skool in Polokwane.
Kunsonderwyser Charlene van Staden is baie opgewonde oor haar kunsleerders en sy is vol vertroue dat hulle uitstekende punte gaan kry.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.