Kunswenners

Kunskompetisie-IMG-20160530-WA0006
Mnr Louis Campbell, skoolhoof van Hoërskool Ellisras by Tanya van Zyl

Ria Wells
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het pas ‘n suksesvolle kunskompetisie aangebied met deelnemende skole van sover as Vaalwater. Die prysuitdeling is Vrydag 27 Mei by Lephalale Mall gehou.
Charlene van Staden van Hoërskool Ellisras en organiseerder van die kompetisie sê die gehalte van die kuns was van ‘n baie hoë standaard en dat hier hope verskuilde talent in die omgewing is.
Die leerders het in verskillende ouderdomsgroepe elk met sy eie tema deelgeneem. Die wenners in die volgende groepe is as volg:
Tema: Speel of landskap met vreemde objek -Tanya van Zyl van Hoërskool Ellisras;
Tema: Kontras – Christiaan Young van Hoërskool Ellisras;
Tema: Selfportret – Jenetta Makgae van Hoërskool Ellisras;
Tema: Fantasievoëls in ‘n Towerboom – Leo Baber Van Waterberg Academy;
Tema: As ek eendag groot is … – Elané Erasmus van Laerskool Ellisras;
Tema: My hero is … – Monica Loubser van Laerskool Bosveld Primary
Tema: Ek en my Troeteldier – Alina Erasmus.
Charlene sê dat hulle beplan om dit volgende jaar weer aan te bied, maar wil graag ook geleentheid bied aan volwassenes om deel te neem. Sy bedank die borge, ouers, onderwysers en deelnemers asook die bestuur van die Lephalale Mall wat bygedra het tot die groot sukses van die kompetisie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.