Laerskool Bosveld Primary

Hokkie

LEPHALALE — Die o. 13-hokkiedogters het Donderdag 31 Augustus wedstryde teen Laerskool Krugerpark en Laerskool Warmbad gespeel. Hulle het teen Laerskool Krugerpark gewen en teen Laerskool Warmbad verloor en dring deur na die kwarteindronde wat Saterdag 9 September plaasvind.

Krieket

LEPHALALE — Die o. 10-krieketspan het verlede week hulle wedstryd teen Laerskool Platina met 127 lopies gewen.
Carli Botha was die groot uitblinker met ’n puik vyftigtal. Haar 53 lopies het die Bossies in staat gestel om ’n totaal van 139 aan te teken nadat hulle die loot gewen en besluit het om eerste te kolf. Hierna het die boulers die span van Platina vir slegs 12 lopies almal uitgehaal.
Carli het uitgeblink met vyf paaltjies en Eduan Mostert het ’n driekuns behaal (drie paaltjies met drie agtereenvolgende balle).
Die Bossiespanne kom volgende week teen die spanne van Laerskool Thabazimbi te staan.

Skaak

LEPHALALE — Die junior- en seniorskaakspanne het Woensdag 30 Augustus aan ’n skaaktoernooi te Laerskool Koedoeskop deelgeneem.
Laerskool Platina en Hardekool Akademie was die ander twee deelnemende skole.
Die spelers het goed gespeel en hul opponente hard aan die dink gehad.

Eventiera-avontuur

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se graad een-leerders het Vrydag 25 Augustus ’n uitstappie na Eventiera gehad en elke oomblik geniet.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.