Laerskool Ellisras

Rassie-nuwes welkom

Layla Horne en DG Nel (albei graad 2-leerders) was baie opgewonde om mekaar weer te sien na die lang vakansie

LEPHALALE — Woensdag 17 Januarie 2018, vanjaar se eerste skooldag, was vir almal by Laerskool Ellisras ʼn opwindende dag vol lag en opvang na ʼn lang vakansie.
Behalwe vir die graad 1-leerders vir wie dit die eerste dag van hulle skoolloopbaan ingelei het, was daar ook verskeie leerders in ander grade wat vir die eerste keer by die Rassies aangesluit het.
Skoolhoof Anton du Plessis en die personeel verwelkom al die “ou” sowel as die nuwe leerders by die skool.

Gereed vir 2018

 V.l.n.r.: Simone Heyns (grondslagfasestudent), Manli Janse van Rensburg (Afrikaans – graad 7), JD Smit (student), Ingrid Grant (Engels – graad 6 & 7) en Ruvé van Niekerk (Wiskunde – graad 5)

LEPHALALE — Die onderwysers by Laerskool Ellisras en veral die nuwe onderwysers is slaggereed om 2018 vol ywer aan te pak.
Anton du Plessis, skoolhoof, verwelkom hulle by dié waardegedrewe skool en glo dat hulle op alle gebiede hulle tyd by die skool leersaam en aangenaam sal ervaar.

Rassie-atletiek begin

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het Vrydag 19 Januarie hulle eerste atletiekbyeenkoms, wat slegs naellope insluit, by die skool gehad. Die hele skool het in hulle onderskeie spanne deelgeneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.