Manne-aand
LEPHALALE — Laerskool Ellisras se derde suksesvolle manne-aand is Vrydag 13 April by die skool aangebied.
Die manne sê dit was weer eens ʼn lekker kuieraand waar pa’s en seuns en oupas en vriende saam kon smul aan ʼn smaaklike skaap op die spit.
Onnie vang graad
LEPHALALE — Ruve van Niekerk, onderwyser by Laerskool Ellisras, het onlangs graad gevang. Sy het haar BEd Intermediêre en Senior Fase met lof geslaag.