Laerskool Ellisras — jongste nuus

Atletiek

Laerskool Ellisras spog met vier atlete wat Limpopo die afgelope naweek verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in die Paarl.

Hulle is voor v.l.n.r.: Austine Buthani, Lebo Molebatsi en agter: Tshepang Dankuru en Elane Erasmus.

Nuwe Beheerliggaam

Die nuwe beheerliggaam is agter v.l.n.r.: Derick Kitching, Francois Drotskie (voorsitter), Carel Lee (waarnemende hoof), PT van Staden, Johan Wolfaardt (ondervoorsitter) en voor: Erika Denysshen, Madeleine Kritzinger en Venessa van der Westhuizen (Inlas: Francios Campher)

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het Dinsdag 13 Marrt hulle beheerliggaamsverkiesing gehad en hulle wens almal geluk wat verkies is.

Mnr en Mej Rassie

LEPHALALE — Daar was Donderdagaand 15 Maart groot opgewondenheid by Laerskool Ellisras met die kroning van Mnr en Mej Rassie.

Rina van Schalkwyk en Ellen Roux het as onafhanklike beoordelaars opgetree en daar was agt kategorieë waaraan die leerders kon deelneem.

Van die kategorieë was Directors Choice, Beautiful Hair and Smile en Miss Cutie pie.

Liam Clarke en SJ Stander wen die kategorie Directors Choice en ontvang elkeen ʼn tablet.

Lisa Erasmus en Joshua van Wyk word gekroon as Mnr en Mej Petite, Cameren Redeke en Jaco Fouche word gekroon as Junior Mnr en Mej Rassie en Jay Dee Jansen en Elanza Oosthuizen word gekroon as Senior Mnr en Mej Rassie.

 

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.