Laerskool Ellisras

Uitblinkers

LEPHALALE — HJ Pienaar is gekies om Limpopo in die sewes-rugbyspan te verteenwoordig.
Skoolhoof Anton du Plessis sê dit is vir die skool ʼn voorreg om hierdie jong ster te sien ontwikkel en hulle wens hom sterkte toe met die geleentheid.

Lexine

LEPHALALE — Lexine van Rooyen, ʼn graad 5-leerder, is gekies om Limpopo te verteenwoordig as deel van die Marula-hokkiespan.
Die skool wens haar geluk en sterkte toe.

Koshuis

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se koshuiskinders is ook sterk op akademiese gebied. Hulle sê dit is omdat daar genoeg tyd is om te studeer, maar hulle is gebalanseerd en neem ook deel aan sport- en kultuuraktiwiteite.
Leo Nell Holmwood, Johan Koen en Mahau Tswidi is goed gebalanseerde kinders.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.