Leer van Liefde

Valentynsdag by Laerskool Ellisras Kleuterskool. Daar is nog hope foto’s van die kleingoed op Mogol Pos se Facebookblad.

LEPHALALE – Laerskool Ellisras se kleuterskool het Dinsdag 14 Februarie ‘n heerlike Valentynsdag gehou met ‘n saal getooi in hope wit en rooi hartvormige versierings. Die kleuters kon aansit aan hul tafeltjies met lekker smulgoed en daar was ‘n “kissing booth” vir dié wat wou poseer vir ‘n foto. Die pragtige kleuters het elkeen op die loopplank ‘n paar passies op die maat van musiek uitgehaal.
Tinkie Pretorius was in beheer van die Valentynsdag en sê: “Valentynsdag by Laerskool Ellisras se kleuterskool gaan daaroor om die belangrike boodskap van liefde vir mekaar uit te dra”. Sy het die res van die kleuterskool se personeel asook die ywerige ouers bedank vir hul ondersteuning om die dag vir die kinders spesiaal te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.