Leersame kamp vir EHS-netbal

EHS se o. 14-netbalspan

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se netbalspanne het van 20-23 Maart na Camp Discovery getoer waar afrigters van Tuks asook Tuks- en Proteaspelers die meisies onder hande geneem en die fynere kuns van netbal geleer het. Hulle het soggens afrigting ontvang en in die middae is wedstryde gespeel.

Die o. 14A-span het die finaal gewen teen Hoërskool Florida nadat 12 spanne mekaar die stryd aangesê het. Die o. 15-span het tweede uit 16 spanne geëindig nadat hulle in die finaal teen die span van Hoërskool Florida verloor het. Die o. 16A-span eindig tweede uit 12 spanne maar hulle verloor in die finaal teen die span van Hoërskool Ligbron.

EHS se eerste span het waardevolle lesse geleer en die spanne van Hoërskool Ben Vorster (Tzaneen) en Hoërskool Rob Ferreira (Witrivier) gewen.

Die spanne bedank hulle ouers, onderwysers en vriende wat hulle ondersteun het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.