Lephalale verkiesingsuitslae

LEPHALALE — Lephalale het na die Munisipale verkiesing op Woensdag 3 Augustus nou 13 wyke – teenoor die 12 in die verlede – na die jongste afbakening. Die Munisipale Raad bestaan dus nou uit 26 Raadslede, waar daar in die verlede net 24 was.
Raadsetels lyk as volg: ANC 17, EFF 5 en DA 4. Geen ander party sal in die Raad verteenwoordig word nie.
Persentasies: ANC 64.55, EFF 19.68, DA 13.35, VF+ 1.5, COPE 0.65, PAC 0.22 en IRC 0.05
Die ANC het 10 wyke gewen, die DA het die drie dorpswyke gewen en die EFF het geen wyke gewen nie.
Die ANC behou dus Lephalale Munisipaliteit en die EFF word die amptelike opposisie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.