Let op na obstruksies in pad

LEPHALALE — Volgens Thys Eloff, voorsitter van die Lephalale gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is verskeie berigte ontvang ten opsigte van obstruksies wat oor paaie gesleep word om voertuie te beskadig en tot stilstand te bring.

Volgens Eloff was daar reeds twee voorvalle met swaar voertuie op die R510 (rigting Thabazimbi) ongeveer 65 km vanaf Lephalale.

Die GPF doen ʼn beroep om die gemeenskap, veral vroue, om versigtig en waaksaam te wees wanneer daar gereis word.

Enige voorvalle of ongerymdhede kan aangemeld word by Delta 1-dienskamer by 081 701 1089. Hulle is 24/7 tot jou diens.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.