Limpopo vloei sterk — Stroomop in Mogolrivier

LEPHALALE — Hierdie besondere foto is Dinsdagoggend 28 Februarie geneem op die plaas Amoskuil van die Samevloeidam waar die Limpoporivier instoot en die Mogolrivier terugloop.
Volgens kenners is die Mogolrivier eintlik veronderstel om daar in die Limpoporivier te vloei, maar dit was so droog aan die Mogolrivier se kant dat die seekoeie op die droë rivierbanke gelê het. Die Mogol is tegnies droog en die boere was raadop tot ‘n paar dae gelede. Nou stoot die Limpopo in die Mogol in en die Mogol vloei terugwaarts.
Die bosvelders het die afgelope tyd opnuut die wonder van reën en water besef. (Sien videos op Mogol Pos se Facebook)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.