Lokval lei tot arrestasie

MODIMOLLE — Adjudant-offisier Jurg van Heerden, hoof van die Bedreigde Spesie-eenheid Waterberg het onlangs inligting ontvang van iemand wat renosterhoring wou verkoop.

Hulle het vermoed dis die horings van die renoster wat vroeër in Dorset geskiet is.

Volgens ao Van Heerden het hulle toe ’n afspraak met die verkoper gemaak en hom 10:00 Vrydag 15 November in Modimolle gearresteer met albei horings in sy besit.

Die verdagte, Phillemon Kobola (30), is van die Melkrivier-omgewing.

Die twee horings is gekonfiskeer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.