Loop die “spoke” al?

Die spoke en inwoners het heerlik gekuier
Die spoke en inwoners het heerlik gekuier

Ria Wells
LEPHALALE — Die inwoners van die SAVF Maroela-Oord het jaarliks elkeen ‘n spook wat dwarsdeur die jaar eetgoedjies, ens. aandra en dit by die kantoor los waar dit dan aan die spook se inwoner oorhandig word.
Soos altyd het hulle natuurlik nie ‘n idee gehad wie vanjaar by hulle gespook het nie totdat die spoke Woensdagaand begin loop het tydens ‘n spoggerige funksie by die oord, wat ‘n braai ingesluit het. Daar is in gesellige luim feesgevier, heerlik gelag, dankie gesê en geskenkies uitgeruil toe elke inwoner sy/haar persoonlike spook ontmoet het.
Suretha Barnard, administratiewe beampte by die Maroela Oord het alle instansies en individue hartlik bedank vir hulle goedgesindheid teenoor die inwoners asook vir hul ruim harte en beursies. Almal is ook bedank vir hulle tyd en bereidwilligheid om waarlik om te gee.
Marie Seegers het Suretha ook vir haar harde werk en goeie gesindheid bedank.
Ontmoet gerus die inwoners op Mogol Pos se Facebookblad en as jy ‘n spook vir ‘n wonderlike saak wil wees, kontak Suretha by 014 763 4333.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.