Losgoedveiling goed bygewoon

THABAZIMBI — Thabazimbi Wildlife Services het in samewerking met CdP Afslaers, verlede week ʼn suksesvolle losgoedveiling op Thabazimbi se skougronde aangebied.
Volgens Corné du Plessis van CdP Afslaers, is die veiling goed ondersteun deur 105 kopers en verkopers van heinde en verre.
Items aangebied het gewissel van beeshanteringtoerusting, implemente, trokke, waens, listers en meubels.
TWS bedank almal vir hulle belangstelling en ondersteuning.
Die volgende losgoedveiling word in Februarie 2018 aangebied.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.