Lulu se fonds kry hupstoot

Die skildery “Bushveld Waterhole Scene” van  Alfie Axsel
Die skildery “Bushveld Waterhole Scene” van Alfie Axsel
lulu
Lulu met die wenkaartjie wat sy getrek het op Dinsdag 13 Desember in Mogol Pos se kantore. John Annandale is die wenner van die skildery

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die kunstenaar Alfie Axsel het een van sy skilderye, “Bushveld Waterhole Scene” geskenk vir ‘n lootjiekompetisie waar mense ‘n R50-kaartjie kon koop en ‘n kans gestaan het om die oorspronklike olieverf-skildery te wen. Die geld wat deur die kaartjieverkope ingesamel is, is aan Lulu Schutte oorhandig vir toekomstige mediese uitgawes.
Llewellynn (Lulu) (7) is in Julie vanjaar gediagnoseer met Heterotaksie-sindroom, ‘n baie seldsame siekte wat onder andere behels dat die hart drie, in plaas van vier hartkamers het. Haar ingewande vanaf die mantelvlies is ook ‘n spieëlbeeld (abdominal situs inversus, wat beteken haar milt, lewer en ander organe sit aan die teenoorgestelde kant as normaalweg.
Lulu het op 13 September ‘n opehartope-rasie in Unitas Hospitaal in Centurion ondergaan wat sover ‘n sukses was. Sy het intussen ook ‘n breinstamtoets ondergaan en Maandag 12 Desember gehoorstukke ontvang.
Die fondse wat deur die trekking ingesamel is, is om behulpsaam te wees met verdere mediese uitgawes – soos haar ma, Clarise, tereg opmerk: “ons weet nie wat die pad vorentoe inhou nie”.
Alfie bedank almal wat aan die kompetisie deelgeneem het en sodoende vir Lulu gehelp het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.