Lulu skenk poniestert

LEPHALALE — Lulu Schutte is op 24 Junie 2016, op 7-jarige ouderdom, gediagnoseer met Atrio Ventricular Septal defek (ASVD). Dit is ’n harttoestand wat beteken sy het drie in plaas van vier hartkamers.

Mogol Pos het in die uitgawe van 29 Junie 2016 ’n artikel Hulp vir Lulu se hart gepubliseer. Sy het op 6 September 2016 by die Unitas Hospitaal ’n opehartoperasie ondergaan en haar gesondheidstoestand het intussen drasties verbeter.

Lulu het Saterdag, 23 Februarie, tydens die minimarkdag by Lephalale Square haar poniestert laat waai by die KANSA-stalletjie en 29 cm van haar hare aan KANSA geskenk om haar bydrae te lewer tot hierdie belangrike organisasie.

Sy het ’n sertifikaat van waardering van KANSA ontvang.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.