Maak reg vir vet pret

Pret en plesier tydens 2016 se Tamboti Toyota gholfdag!

LEPHALALE – Die immergewilde Tamboti Toyota damesgholfdag word Saterdag 25 Maart gehou en dit beloof om soos elke jaar net beter en beter te wees. Vanjaar se tema is Hollywood en dames kan na hartelus opdollie volgens ‘n fliek van hul keuse. Onthou, verskeie pryse word uitgedeel vir spangees, beste aangetrek ens.
Vrywilligers wat gaan hand bysit met die reëlings is Wilma du Plessis, Rina Bezuidenhout, Yvonne Breedt en Linda Landman. Jan Beyer, gholfbestuurder, is natuurlik altyd byderhand vir raad en hulp.
Die lekkerste deel van hierdie gholfdag is dat jy regtig nie ‘n kenner hoef te wees as dit by gholfstokke en –balletjies kom nie. Kom onervare, want dit is ‘n dag van pret en plesier.
Kontak Jan Beyer by 014 763 2427 of Jaun-Marie du Plessis by die klub by 014 763 4948 vir meer inligting. Skryf vandag nog in!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.