Maak seker 2020-datums bots nie! — woon kultuurraadvergadering by

LEPHALALE — Die Kultuurraad-vergadering word gewoonlik elke jaar in Oktober by die NG Kerk Ellisras-Wes gehou. Tydens dié vergadering kom rolspelers bymekaar om belangrike datums te bespreek en te bevestig sodat daar nie meer as een groot geleentheid op dieselfde datum beplan word nie.

Ondervinding het egter geleer dat baie datums nog nie in Oktober gefinaliseer is nie, so die vergadering sal vanjaar in November gehou word sodat al die skole se datums ook bygewerk kan word.

Die beplande datum vir die Kultuurraadvergadering is Dinsdag 19 November om 18:00 by die NG Kerk Ellisras-Wes.

Instansies en individue kan intussen reeds hul kalenders aanstuur na Louisa de Lange by ldlweskerk@gmail.com sodat sy solank kan kyk of daar enige huidige botsings is.

Indien jy ʼn funksie of groot geleentheid beplan vir volgende jaar, stuur die inligting so gou moontlik deur na Louisa.

Daar word jaarliks ook verskeie navrae aan die koerant gerig rakende belangrike datums – woon hierdie vergadering by en maak seker jy kry die beste datum vir jou geleentheid.

Rolspelers wat nie die vergadering kan bywoon nie, stuur asseblief die datums en/of kalenders deur na Louisa of skakel haar by 082 921 6770 vir enige verdere navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.