Majuba Meatmaster veiling

Corne du Plessis (afslaer), Chris van der Merwe (verkoper) en hanteerder Lambert Vorster van Botswana. Verkoopprys R8 500.  Die koper was Frederik Smit van Alldays
Corne du Plessis (afslaer), Chris van der Merwe (verkoper) en hanteerder Lambert Vorster van Botswana. Verkoopprys R8 500. Die koper was Frederik Smit van Alldays

LEPHALALE — Majuba Meatmasters van Lephalale se veiling is die naweek van 18 Junie deur Wholesome Afslaers aangebied. Die trotse telers van Majuba Meatmasters is Chris en Brigitte van der Merwe en Piet Goosen.
Meatmasters is ‘n geharde, funksioneel doeltreffende skaap wat goed vaar in die Bosveld onder ekstensiewe toestande en strawwe hartswater. Majuba volg ‘n streng seleksiebeleid. Hul selekteer vir vrugbare funksionele diere wat parasietweerstandig is. Topdiere is aangebied.
‘n Totaal van 13 ramme, 59 ooie met lammers en 64 droeë ooie is deur afslaer Corne du Plessis opgeveil met ‘n suksesvolle verkoopsyfer van 91%.
Lot 43 was warm onder die hamer. Dit was ses jong rooi ooilammers wat verkoop het vir R4 500 stuk. Drie rooi gladde ooie het tussen R3 750 en R4 500 behaal.
Die ram, De Wet, lot 51, het die hoogste prys behaal van R8 500 en is verkoop aan mnr. Frederik Smit van Alldays.
Brigitte se vyfster ooi PC14-9, lot 89, het R6 000 behaal en is verkoop aan Janet en Johan Heyneke van Botswana. Hul het ook die duurste ooi met tweelinglammers gekoop vir R7 500.
Kopers van so ver as Wesselsbron, Pongola en Botswana het die veiling bygewoon.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.