Manne-aand ʼn groot sukses

Adriaan Joubert en Dozi in ʼn vrolike luim tydens die manne-aand

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Vrydagaand 24 Mei ’n suksesvolle manne-aand aangebied met die bekende Dozi en sy musiekmakers wat die ouwêreldse gasvryheid van die Bosveld terdeë geniet het.

Die skool se Lapa was ʼn lus vir die oog. Vrolike vuurherde en tafels, baie keurig gedek deur Sonè du Preez, het die gaste begroet.

Vleis op die spit was gebraai soos net Theunes van Staden dit kan doen en die verskeidenheid was groot – skaap, vark, mielierys, groente, boerbok en vir nagereg ’n groot afvalpot!

Verskeie items soos rugby memorabilia van die Crusaders, ʼn Brian Habana-beeld en ʼn Springbokrugbytrui is opgeveil deur skoolhoof Adriaan Joubert. En hy mág maar.

Joubert het sy dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het om dié besondere aand moontlik te maak en vir die aansienlike bedrag wat ingesamel is ten bate van Hoërskool Ellisras.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.