Mapstieks, Marlothii’s

LEPHALALE — Die leerders van Marlothii Learning Academy styg nie net uit op akademiese gebied nie, hulle is gebalanseerde kinders wat aan verskeie ander aktiwiteite deelneem.

Brenden Henrico

“By Marlothii glo ons aan ʼn holistiese benadering waar beide akademie en sport vir ons belangrik is – ʼn gesonde liggaam huisves immers ʼn gesonde gees en daarom word ons kinders aangemoedig om ook uit te styg in onder andere sport,” sê Corney Myburgh, stigter en eienaar van Marlothii.

Stiaan en JP

Graad 10-leerder, Brenden Henrico, is ʼn kranige perderuiter. Tydens ʼn onlangse perdewedren behaal hy ʼn tweede plek in die 400 m, die 1 200 m en die 1 600 m, ʼn vierde plek in die 1000 m en ʼn sesde plek in die 1 600 m.

Graad 11-leerders Stiaan en JP Smith neem onlangs deel aan die Mini-Master-gholftoernooi by Koro Creek in Modimolle en Stiaan behaal ʼn negende en JP ʼn vyfde plek.

“Ons is baie trots op dié seuns,” sê Corney.

Die Marlothii-gholfdag word Saterdag 25 Mei by Mogol se gholfbaan gehou. Inskrywings beloop R250 per deelnemer en dit sluit ʼn aandete in. Nie-spelers betaal R100 en kinders o. 12 jaar betaal R50 ingangsfooie.

Skakel 076 589 6215 vir navrae of inskrywings.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.