Mari Botha 30 Julie 1949 – 30 Julie 2020

“Dit is met innige leedwese dat ons ʼn geliefde vriendin groet. Sy het die stryd gewonne gegee na ʼn moeilike siekbed.

Ons is hartseer maar getroos, want ons weet sy rus in haar Vader se arms. Hy was haar alles en sy het voluit vir Hom geleef.

Baie mense kan vandag getuig met hoeveel nederige liefde en toewyding sy almal bygestaan het. Mari het voluit geleef met alles wat sy aangepak het.

Sy laat haar bedroefde eggenoot en twee kinders met hulle gesinne agter.

Ek groet jou my geliefde vriendin. Jy was baie jare vir my ʼn groot seën en steunpilaar.

Rus sag my maat.”
— Marie Smit

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.